6.
om die punt te bereik
anderkant die sê van die ek
die punt
wat die ek so veeltallig is
dat dit nie meer saakmaak 
om ek te sê nie
dat die ek nie meer sigself is nie
maar herkenbare 
veelvoude 
van die hopeloos beminbare skadu's
van jou sleutelbeen                
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
 
                    