2.
jou vokale sterf by my verby
so naby dat dit ek
kon gewees het
oneindig die statiese lading van sterre 
wat spetterend snags boeie aan ons slaan
maar jy wat ek kon gewees het 
maar nog nie was nie, jy skuifel 
hardnekkig skif jy tot toebedeelde veelsaamheid
elke blaar wat val
val alleen, weerlê ek
jou gesig knars tot stilstand
ek wil 
die ek wat ek is 
bly
maar waar
begín
die issende-ek?
op die plek 
waar die ek soos jy is
of daar waar die ek anders as jy is?
my tong word doof
jou oë kirr uit die oogholtes van die verlorenes
net 'n asemlek blink 
granaatpitblink
tussen waar ek-is is
en jy-nie is
ek vergaan - grint in die keel
jou vokale sterf hier verby
so naby
dat my ooglid aan jou liefde smee                
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
 
                    