Soms Wil Ek 'n Boom Wees Poem by Mario, Lucien, Rene Odekerken

Soms Wil Ek 'n Boom Wees



Soms wil ek soos 'n boom wees
en die wind en die eensaamheid trotseer
En voëls ruim te gee om in my te broei
en insekte ruim te gee om in my te woon

En soos'n boom, wil ek aanhou
om my wortels te laat groei
wat my nog meer leiding sal gee
sodat ek selfs
in die moeilikste omstandighede
kan oorleef

Friday, April 17, 2020
Topic(s) of this poem: perseverance
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success