Sleutel Draers Poem by Johan Fourie

Sleutel Draers

jy maak in my los weer die vloei van begrip en gedagte gestalt gegee deur vinger punte.
is daar in my en jou-, en dalk anner mense goed verborge en verberg vir ons selwers en aan ander?
goeters - wat slegs toeganklik is aan 'sleutel draers'…
besondere wesens wat met tyd ons lewens binne tree en die skatte en smaragte in ons siele en wesens kom oopsluit..........
dalk is jy 'n sleuteldraer?
is dit jouse woorde, die woord keuses en samestelling in sin-, en paragraaf snedes

’n wens dan
mag ons meer male-, sonder tal sulke gesprekke he wat span oor die boog van die maan se tyd van laataand tot die son die maan se strale verberg…. mag my en jou lewe vol wees van sulke wesens
Jan2012Pta

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success