My taal, Afrikaans
Ek skryf 'n gedig oor my taal, Afrikaans,
die taal van my hart, my siel, my dans.
Met woorde soos 'lekker', 'boer' en 'biltong',
is daar niks wat so lekker rol oor my tong.
van die droë Karoo tot aan die kus van die see,
Afrikaans is oral waar ek ook mag wees.
'n Taal van liefde, van vriendskap, van hoop,
die stem van my hart, my lewe, my loop.
Van my oupa se stories op die plaas se stoep,
tot by die wildtuin met die visarend se roep,
is Afrikaans die taal wat my altyd sal lei,
'n deel van my hart, waar ek ookal bly.
Dit is die taal van ons geskiedenis, ons mense, ons kultuur
die taal waarin ek al ons oorwinnings in vier
so laat ons saam hierdie edel taal bewaar,
en Afrikaans lewe vir altyd, al gaan dit hoé swaar.
Vanaf my geboorte het my moeder my geleer
om my taal, my mense en my kultuur te respekteer
en wanneer ek in die aand op my knieë gaan sit
is Afrikaans die taal waarin ek bid
© Gerhardus Keen
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem