Liewe Hart Poem by Gerhardus Keen

Liewe Hart

Liewe hart
dis tyd dat ons gesêls
ek het jou al voorheen beskerm
maar jy het iemand deurgelaat
nou sit ons albei in pyn
wat lyk of dit nooit gaan verdwyn
ek weet dit was nie nét jy
ek moet ook die skuld daarvoor kry
nogal gedink ons skans was sterk
maar iemand het met 'n plan gewerk
en 'n opening daardeur gevind
en ons totaal met haar liefde verblind
as ons maar net meer waaksaam was
was al hierdie seer nie eers deel van ons
en het ek en jy nog steeds in vrede
in ons skuiling rond gebons
ons sou empatiseer met ander se hartseer
maar ons sou dit van ons af wegkeer
nou is dit weer van voor begin
hopenlik laat ons nie weer só 'n persoon in
die volgende een moet wees rein van hart
en ook geen vriendin van smart
ware liefde moet sy kan verstaan
en versoekings moet kan weerstaan
ons harte sal soos één moet wees
een van sin en een van gees
ons sal mekaar op die hande dra
en mekaar se geheime nooit by ander verkla
ons sal dieselfde dinge deel
en mekaar nooit verveel
en as ek my hart oopmaak aan jou
moenie dat ek dit berou
ek sal my diepste begeertes met jou deel
solank jy nie met my hart rondspeel
jou geheime is veilig by my
en so ook jou hart en jou liefde vir my
wanneer ons eendag ontmoet
is daar 'n Goddelike groet wat uit jou mond moet kom
'n sekere teksvers waarvoor ek gebid het
sodat ek weet dat Hy dié keer die regte een gestuur het volgens my gebed.

© Gerhardus Keen (GK1)
24 Augustus 2020

Thursday, August 27, 2020
Topic(s) of this poem: heartache,love,missing you
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success