(dit is die bloukraanvoël se storie wat hy sing; hy sing van sy skouer, dat die bessies van die krieboom (kareeboom) op sy skouer is; hy loop terwyl hy sing:) 
I
die bessies is op my skouer 
die bessies is op my skouer 
die bessies, dis op my skouer 
die bessies is op my skouer
die bessies is hier, bó (op my skouer) 
Rrrú is hier bo
die bessies is hier bó 
rrrú is hier bó
is hier bó
die bessies rrú is gebêre (op my skouer) 
II
(terwyl hy vir 'n mens weghardloop)
'n splinter van klip wat wit is
'n splinter van klip wat wit is 
'n splinter van klip wat wit is 
III
(terwyl hy stadig loop, rustig en in vrede loop) 
'n wit klip splinter
'n wit klip splinter 
IV
(as hy sy vlerke klap)
skraap (die springbokvel vir) 'n bed
skraap (die springbokvel vir) 'n bed 
    	Rrrrú rrra
    	Rrrú rrra 
    	Rrú rra
                
...
                
Read full text
            

 
                    