Ek wil sit en verdrink in die sielvolle dieptes van jou oë; met my lippe saggies en ferm op joune jou geur en siel indrink; en verdwaal in die engele sang van jou bekoorlike stem; my met wellus vergryp aan die sensuele kurwes-, en beweeg van jou lyf, en lippe, en die kuiltjie in jou mond hoek…...en jy die mens met siel en intellek wat kan toor met woorde en drome gestalt in dialoog - oorspronklik die diep sielvolle jy wat in my dag drome loop
Ek wil my tong en lippe en asem laat streel soos 'n sagte koel-warm briesie oor elke millimeter van jou lyf en vel. Deur dit te beweeg- en te laat raak aan jou aora, die energie veld en ligaams hare se punte.
...
Read full text