Jou Lewe Poem by Marien Jacobs

Jou Lewe

Jou lewe lê uitgestek voor jou
Dalk vol drome en ideale waaraan jy wil bou,
Maar Hy bly die Een wat elke tree reel.
En moet nooit vergeet dat God wil deel
In al jou vreugde, pyn en seer
Wat nog jou lewe gaan probeer regeer,


Vir jou is Hy bespot en het Hy gely,
Sodat jy ook die ewige lewe kan verkry.
Sy Vader liefde vir jou was só groot
Dat Hy sélf sterf, om jou te red van die dood!
Aan ‘n kruis het Hy vir jou gesterf,
Sodat jy gered kan word van die verderf.

Met ‘n sondige lewe
Is die ewige vuur al waarna ons strewe,
Terwyl ons ‘n doringkroon druk in Sy hoof,
En vir al Sy pyn hou ons ons eerder doof,
Terwyl Hy vir vergifnis pleit aan die kruis,
Terwyl sonde as ons haat in Sy ore opdruis.

Met ope arms wag Hy steeds virjou,
Sodat Hy jou in sy liefde kan toevou.
Waarom huiwer jy nog om jou tot Hom te bekeer?
Hy wil wegneem al jou pyn en seer.

Kom buig jou knieë nou voor Hom neer
En erken dat jou hart vir God begeer!
Kom lê neer, en bely al jou sondes voor Hom,
Sodat Sy liefde, vreugde en vrede
Ook in jou lewe kan blom.

Leef nou dankbaar voort as Sy kind
En laat die bande van Gods liefde
Jou styf vas aan jou Vader bind,
En rig jou lewe na Sy wil
En laat Sy Gees jou wese kom vul.

(2002)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success