Eergister en môre, met visse Poem by Charl-Pierre Naudé

Eergister en môre, met visse

Tyd
is die naam wat ons gee
aan die een wat in nat
beton getrap het,
lank gelede, en ons só nimmer verlaat
in die hede.

Om te begryp
is moeilik;
omhelsing nog swaarder.

Die wind fluit deur die peule,
soos die geheue
deur pieksels.
Dit roep herrysenis
soos 'n beeld by die naam,
'n hele dorpie bestaan
in 'n akwarel
- die treknet word gelig -
van diep uit die water.

Daar word 'n CD-opname
gegrif
op die bodem van 'n meer;
die konsentriese kringe
van maalkolke

sing
in my vingerafdruk.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success