Die Taal Wat Uit Jou Mond Kom Poem by Marien Jacobs

Die Taal Wat Uit Jou Mond Kom

Die taal wat uit jou mond kom, walg my
Dis waarom ek begin het om jou te vermy.
Wees asseblief nie kwaad vir my nie, my maat,
Maar kom vra dan eerder raad.

Jy luister nie as ek vra om op te hou,
Maar jy sit met jou hande gevou
En vloek een strook deur
En sê jy kan dit nie keer.

Jou ou is is moontlik 'n satanis,
maar dié gedagte het jy toevernis.
Ek huil oor jou siel
Wat jy besig is om totaal te verniel.

Ek spandeer minder tyd in jou geselskap
En staan nou meer by ander vriendskap.
Om te veel geasosieer te word met jou
Sal mense my christenskap sien as lou.

Ek het jou nog lief, al het ek jou verlaat,
Maar jou geselskap sal my niks baat.
Maar vir God het ek die meeste lief,
En mag nie dat jy Hom uit my hart steel soos 'n dief.

By ander vriende staan ek nou,
Maar my binneste bly nog rou.
Ek bid vir jou, dit moet jy net weet,
En Sy liefde vir jou sal jy nóóit kan meet.

(1999)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success