Die plek is oud,
Afskuwelik en koud.
Hier's geen liefde om te vind,
Net verwerping vir 'n kind.
Monsters, dis wat hier woon,
Die hel, dis hulle loon.
Kringetjies geslote,
Jy's mos van die 'minder' soorte.
Jy's eenkant, alleen,
Hier's niemand wat jou sal seën,
Maar eerder vervloek…
'n klip om na jou te gooi sal soek.
Dit wat uit hul bekke kom is gif,
Niks goeds of mooi om uit te sif.
Met hul monster oë hou die roofvoëls jou dop,
'n Klein muisie wat hul kan verslind, sappig vol sop.
Hul naels van hul kloue, boor in tot in jou vlees,
Maar die seerste maak hul mees
Afgryslikste bekke, wat jou in stukke skeur,
So in jou jongdae, so in jou vleur.
Herken jy ook die geur
Van my bloed?
Maak dit jou nie seer
Deur te dink, dit was dalk iets goeds?
(1998)
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem