[afrikaans] Hangende Woorde Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Hangende Woorde

My woorde huiwer nog in die lug
Hangend afwagtend
onseker oor hul bestemming

Woorde van liefde en vervulling
Vol herinneringe en skaafsels van gister

Die wind wapper deur my hangende woorde
Een tree terug, twee tree vorentoe
Die lug rankel deur die klank grepe
En warboel deur die skuldgevoelens
en donker kolle
wat haaks aan my hangende woorde vasklou

My hangende woorde vlieg deur die lug
Vol hart en als van lankal al
Met hernude angs flikker hulle na jou
Vol kleur en klank en
...En liefde

En tref 'n toe deur.
'n omgedraaide rug
'n weggedraaide wang

En al wat oorbly is die fyn rankel van
'Ek wou nog sê'

Thursday, November 15, 2018
Topic(s) of this poem: loss,love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success