Ek spreek tot jou
deur die stilte,
my gedagtes reik uit
soos fluisteringe in die donker.
Ek ken nie jou stem nie,
maar dit bly in my gedagtes,
'n lied wat ek nooit gehoor het nie,
maar nooit kan vergeet.
Die afstand tussen ons is groot,
onmeetbaar,
toch voel ek jou
in elke stil oomblik,
in die ruimtes waar hoop woon.
Ek is hier,
wag,
nie vir redding nie,
maar vir die lig
wat ek weet net jy sal bring.
Wanneer die dag aanbreek
sal ek nie woorde vra nie---
net jou teenwoordigheid
om die leë hoeke
van hierdie wagende hart te vul.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem